Jonny Steinberg: Portrait of a Marriage

Engels
60 Minute

9 Oktober

16:00
Gratis

Van Winnie & Nelson: Portrait of a Marriage skryf J.M. Coetzee dat dit ’n biografie is wat waarskynlik vir baie lank nie oortref sal kan word nie. Hierin beskryf Jonny Steinberg Nelson Mandela as ’n “briljante toneelspeler” – ’n veiligheidsmeganisme wat hy aangeleer het toe hy op 11 van sy geboortedorpie na die Temboe-koningstuiste geneem is waar hy uit plek gevoel het. Van Winnie sê hy weer hoe sy as die middelste van 11 kinders altyd die guns van haar pa probeer wen het en hoe haar martelaar op Brandfort dié swakplek raakgesien en uitgebuit het. Jean Meiring vra Jonny oor Zoom uit oor ’n verhaal van ’n uitmekaargeskeurde huwelik – een van maskers en een wat hy glo op ’n donkerder manier die verhaal van Suid-Afrika is. 

Aangebied deur Jonathan Ball