Kaapse Djez, Goema en Beyond

Meertalig
75 Minute

8 Oktober

20:00
R120 | R150 by die deur

Die Maties-jazzvereniging bied ’n program met standaardjazz, repertoire, Kaapse jazz én oorspronklike stukke. Ramon Alexander, een van die hoofeksponente van die Suid-Afrikaanse subgenre Kaapse jazz, het hom gevestig as pianis, orkesleier en komponis. Hy het al by verskeie jazz- en musiekfeeste reg oor die wêreld opgetree. Die groep bestaan uit voormalige en huidige jazz-studente van die US se Musiekdepartement.

Met: Nicolas Miso (sang), Mark Lynch (altsaxofoon), Aubrey Matsila (tromboon), Melisizwe Plaatjie (klavier), Joshua America (kitaar), Dillon Cornelius (baskitaar), Stuart Martin (tromme), Ramon Alexander (klavier, leiding)