Kaapse Kabaret

Toyota Musiekfees
Meertalig
75 Minute

29 September

19:00
R180-R210 | R210-R240 by die deur

Die kuns van Leslie Kleinsmith, ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazz­kunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad, is geslyp deur meesters soos Nat King Cole, Frank Sinatra en Sammy Davis jr. Deur die jare het hy sy vaardigheid in verskeie musiekstyle, waaronder populêre musiek, R&B en big band swing, bewys. Hierdie produksie is in 2024 benoem vir ’n Kanna by die KKNK. Alexander en Kleinsmith het verlede jaar ’n Woordtrofee gewen vir hulle musiekproduksie Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad

Met Leslie Kleinsmith (stem), Ramon Alexander (klavier), Annemie Nel (per­kussie), Dylan Tabisher (kontrabas)

Musiekregisseur Ramon Alexander