Afrikaans, Engels
Geen o.10
60 Minute

11 Oktober

12:30

12 Oktober

18:00

13 Oktober

10:00

14 Oktober

20:30

15 Oktober

12:30
R160 | R190 by die deur

Baie inwoners verloor alles, party hulle lewe. Karatara is op die Knysna-ramp van 2018 geskoei toe ’n brand in die middel van die nag dele van die dorp in puin gelê het. Dié dans-drama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond en ’n heenkome. Dit ondersoek die komplekse dinamika en geskiedenis van die plaaslike inwoners, en wys hoe die media en politici ’n tragedie as ’n geleentheid gebruik en uitgebuit het. Dit is bekroon met die Fleur du Cap vir beste beligting- en klankontwerp en het die kykNET Fiësta ontvang vir die beste teaterontwerp.

Met: Shaun Oelf, Grant van Ster, Dean John Smith 

In samewerking met KKNK, NATi, Suidoosterfees, Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, Baxter-teater, Stad Kaapstad 

Regie en musiekverwerking Gideon Lombard 

Skrywers Shaun Oelf, Wilken Calitz 

Produksiebestuur Marie Vogts 

Verhoogbestuur Andi Colombo