KAROO KITAAR BLUES

Meertalig

7 Oktober

8 Oktober

9 Oktober

10 Oktober

11 Oktober

12 Oktober

13 Oktober

14 Oktober

15 Oktober

Gratis

Twintig jaar gelede het David Kramer verskeie selfgeleerde volksmusikante in die dorre streke van die Karoo en Noord-Kaap gaan opspoor, wat gelei het tot die Karoo Kitaar Blues-konserte. Unieke stemme soos Helena Nuwegeld, Hannes Coetzee, Tokas Lodewyk, Koos Lof en Siena Mouers het gehore meegevoer en dikwels tot trane geroer. Die fotograaf John Hogg het destyds dié konserte en kunstenaars (van wie die meeste intussen oorlede is) afgeneem. Die foto’s, wat nog nooit voorheen ten toon gestel is nie, vertel roerende verhale van ’n ryk, miskende tradisie; van mense wat nooit van roem durf droom het nie, maar leer sing het om die koue en donkerte te verdryf.