KFilms en e.tv bied met trots aan Kelders van geheime waar alles “met ’n klein bietjie wyn” gebeur. Die Soebatsklowers se vele talente kom uit die kelder en in die kollig: Kom beleef jou gunstelingkarakters in ’n ander baadjie. Dalk verklap hulle ’n geheim of twee, verras jou met hulle vernuf of staan selfs nader vir ’n selfie. Dis jou kans om hulle in lewende lywe te sien, dalk selfs vir Charl senior!