KI versus die menslike bewussyn: Wie sal wen?

Afrikaans, Engels
60 Minute

11 Oktober

18:00
Gratis

Met die menslike brein as inspirasie vorm neurale netwerke tans die elektroniese dryfkrag agter die revolusie in generatiewe kunsmatige intelligensie (KI). Is ’n toekoms wat deur superintelligente sisteme beheer word ons voorland? Of is daar iets anders aan die menslike bewussyn – soos intelligensie, kreatiwiteit en die siel – wat nie gekwantifiseer kan word nie? Willem Bester tree in gesprek met prof. Bruce Watson, bekleër van die Capitec-navorsingsleerstoel in Toegepaste Kunsmatige Intelligensie, dr. McElory Hoffmann, uitvoerende direkteur van Praelexis, en die bekende Stellenbosch-gebaseerde kliniese sielkundige Anton Böhmer