KLEINE ZALZE: DRIE VROUEWYNMAKERS EN HULLE WYN

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

7 Oktober

12:00
R150 | R180 by die deur

By dié persoonlike wynproe en gesprek met die drie vroue-wynmakers agter Kleine Zalze se veelbekroonde wyne kry feesgangers die geleentheid om die diverse aspekte van die landgoed te ontdek. Lizemari Geldenhuys, Nataleé Botha en Hanri Ferreira bring van hulle gesogste wyne saam: chenin blanc, Cap Classique-vonkelwyne en cabernet sauvignon. Verwag wyn met stories, vertel deur vroue wat elk hulle eie bekoring na die druif bring.