KO’ LAAT O’S SPEEL

Afrikaans, Engels
50 Minute

7 Oktober

12:30

8 Oktober

14:00

14 Oktober

12:00
R50-­R75 | R80­-105 by die deur

Almal hou van speel – en hier doen ons dit met blikkies, stokkies, toue, poppe en balle. Vrottie­eier kom kuier by Mrs Meyer, en ons gaan spring, sing en elkeen bring sy eie ding. Dis juis omdat ons so baie van mekaar verskil dat ons die poppehuisiekas een vir een kan vul. Ko’ o’s vertel vir jou ’n storie van ’n mengelmoeskardoes en hoe die kat en die muis ook bymekaar kan koes. Ko’ speel saam!

Met: Nathaly Lottering, Ethan Patton, Kerscha Titus, Vihann van Rooyen

 

Regisseur, vervaardiger, skrywer, tegniese versorging Mikyall Harris
Kostuums en assistent­verhoogbestuur Tamia Thompson

Ondersteun deur US Drama

Elke vertoning vind plaas by ‘n verskillende lokaal: 7 Okt -EasyEquities BoekTent, 8 Okt – HS Lückhoff en 14 Okt -kykNET HS Stellenbosch: Drama­lokaal