Kom skets in die dorp

Afrikaans, Engels
240 Minute

10 Oktober

10:00
R900

Multimediakunstenaar Fawa Conradie bied ’n werksessie aan waartydens deelnemers buitemuurs sal skets en inspirasie uit die natuur en geboue kan put. Gemaklike skoene is nodig vir die stap op soek na geboue in die dorp. Deelnemers kan spesifieke vrae aan die aanbieder stel en saam skets. ’n Verskeidenheid van tekentegnieke, -materiale en verwysingsraamwerke word tydens die werksessie gekombineer. Dié klas is vir beginners sowel as kunstenaars.