Koppieteefontein met Portchie

Meertalig
60 Minute

8 Oktober

16:00

9 Oktober

16:00

11 Oktober

20:00
R250 | R280 by die deur

Portchie maak sy ateljee, Maria’s Manor, vir feesgangers oop met die “live” weergawe van Jak de Priester se kykNET-program, Koppieteefontein. De Priester neem Portchie op ’n reis deur sy grootwordjare – van waar hy prentjies opplak in Tweeling se skoolgange tot sy wêreldklas-uitstallings op Trafalgarplein in Londen. Portchie vertel van sy 60ste verjaardag later vanjaar. Die twee maak heerlik musiek op Portchie se fantastiese Steinway-vleuelklavier. Verwag treffers soos “Sally Williams”, “Binnelanders” en ander gunstelinge uit De Priester en Portchie se verlede. 

Met: Portchie, Jak de Priester 

Tegniese versorging, verhoogbestuur Christoff Loubser