By die soutwater 

Filmfees
Afrikaans
27 Minute

30 September

16:35

4 Oktober

15:35
Gratis

In die hart van die V&A Waterfront in Kaapstad, beskerm ’n toegewyde span van die Two Oceans Aquarium Foundation die stedelike wildlewe – voëls, sonvisse, robbe en alles anders wat leef en beef – te midde van drukkende skares en ’n werkende hawe. Hulle beperk konflik, adviseer rondom uitbreidings en die impak daarvan op die wildlewe en werk saam om ’n toekoms te probeer te skep waar mens en dier in harmonie binne die stadsomgewing saamleef. Die span moet dikwels die ontstellende lyding van diere verduur, maar dit spoor hulle aan om te volhard met die moeilike taak wat hulle aangepak het.

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.