Dit is 1994, en ná jare van spanningsvolle onderhandelinge en die eerste demokratiese verkiesing, is die regering van nasionale eenheid gereed om aan te meld vir diens. Marie is die jarelange sekretaresse van die minister van minerale hulpbronne, Hendrik van der Merwe. Sy moet reëlings tref vir Van der Merwe se vergadering met die nuwe minister van verdediging, Mayihlome Khumalo. Marie is gereed om die ideale van ’n nuwe Suid-Afrika te omhels. Sy is selfs bereid om haar toekoms op die spel te plaas om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika, of altans, die Republiek van Suid-Afrika.
Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontluikende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende filmmakers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.