O, griet! Sy’s droog 

Filmfees
Afrikaans
17 Minute

28 September

14:00

1 Oktober

17:30
Gratis

Die kunstenaar Johan van der Merwe het drie vroue letterlik en figuurlik vasgevang – elk in haar eie geraamde skildery. Hulle kan nie na die buitewêreld terugkeer nie. Die vroue hang netjies langs mekaar teen die galerymuur, maar wanneer hulle in die wêreld agter die muur, buite die raam, te voorskyn kom, bevind hulle hulself in ’n alternatiewe dimensie. Om te ontsnap lyk onmoontlik totdat ’n skildery van ’n meisie met ’n pêreloorbel nuwe lig op hul situasie werp.

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.