Steek vir steek 

Filmfees
Afrikaans
31 Minute

28 September

13:00

1 Oktober

16:30
Gratis

Rita, ’n bejaarde vrou, en die tannies van haar breiklub ontdek dat hulle aftree-oord deur die jong eienaar, Gertjie, verkoop gaan word. Rita skep met die hulp van die ontvangsdame, Koekie, ’n dating app om ouer mans te ontmoet en fondse in te samel vir ’n huurhuis waar hulle ’n heenkome kan vind. Sy beplan ook om wraak op Gertjie se oupa te neem, maar ontwikkel ware gevoelens vir hom. Geldwolf Gertjie vind uit van die app en konfronteer Rita met ‘n ultimatum. Sy moet nou kies tussen haar vriendinne se blyplek of haar gevoelens vir Oupa Gert.

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.