Krismis van Map Jacobs

Filmfees
Afrikaans
Geen o.16 (T, V)
110 Minute

4 Oktober

14:00
R60 | R70 by die deur

’n Gevreesde bendeleier word ná sewe jaar op parool vrygelaat. Het Map Jacobs verander of is hy steeds ’n geweldenaar? ’n Gesins- en gemeenskapsdrama wat afspeel teen die agtergrond van ge­dwonge verskuiwings uit die Kaap na die Vlakte. Die stuk gee ’n blik op die leefwyse van ontworteldes in ’n stelsel wat veral die weerloses faal, hulle lief en leed, en die desperate hunkering na ’n beter bestaan. 

Die filmvertoning word gevolg deur ’n vraag-en-antwoordsessie gerig op gr. 12-leerlinge wat vir die matriek­eksamen voorberei.

Met D.J. Mouton, Elton Landrew, Ilse Klink, Rushney Ferguson, Emile Smit, Keenan Herman, Marlon Swartz, Ivan Abrahams, June van Merch, Ruben Engel, Celeste Botha, Grant van Ster, Tevin Wiener, Khadija Heeger, Benjamin Jephta, Darren English, Jed Petersen
 

Vervaardiger Toyota Stellenbosch Woordfees
Filmregisseur Jaco Bouwer
Teaterregisseur Jason Jacobs

Skrywer Adam Small