Kuns op straat

Afrikaans, Engels
90 Minute

8 Oktober

15:30

10 Oktober

15:30

11 Oktober

09:30

15 Oktober

09:30
R120

Kuns in openbare ruimtes is deel van Stellenbosch se ryk kultuuromgewing, en die Woordfees bied die perfekte geleentheid om dié skat te voet te verken saam met die Fairtree-gids Bestie Boyce. Hier is wêreldbekende kunstenaars se handewerk nie beperk tot binne geboue nie, maar kan dit deur almal gratis op ons sypaadjies en in ons parke besigtig word. Op dié begeleide toer sien jy beelde van naderby en hoor jy meer oor die agtergrond van elke unieke werk waarby ’n mens so dikwels onbewus verbystap. Kom skep asem en stap saam.