Kunskos en uitsoekwyn met Strauss & Co

Meertalig

11 Oktober

18:30
R650

Kom geniet ’n verruklike driegangete met uitsoekwyn in De Eetkamer. Sjef Nico Ackermann en Strauss & Co se senior wynspesialis, Higgo Jacobs, snoer hulle kragte saam om die unieke aard van die kunswerke op Strauss & Co se voorskou vas te vang. Nico toor gastronomiese kunswerke op en Higgo span sy magiese wynkennis in om verskeie Pinotage-variasies by Nico se betowerende geregte te laat pas.

Met: Sjef Nico Ackermann