Laerskool Noord

Afrikaans
OB 13 (T)
75 Minute

13 Oktober

10:00

14 Oktober

13:00
R200-R230 by die deur

“Kyk noord en stoot voort” is dalk Laerskool Noord se leuse, maar in dié lekkerlag-produksie is dit allesbehalwe die geval. Terwyl drie onderwyseresse ’n verrassingspartytjie beplan vir die skoolhoof wat aftree, ontaard die personeelkamer in ’n tikkende tydbom. Boonop gaan Meneer enige oom-blik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof. Kan dit een van hulle wees?

Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm, Ilne Fourie, Neels Coetzee 

 

Regisseur Gideon Lombard

Vervaardiger Arena Produksiehuis, Handy Minds

Skrywer Ilne Fourie

Tegniese versorging en verhoogbestuur Jeanne Steenkamp

 

Moontlik gemaak deur Vrystaatse Kunstefees, Momentum Beleggings Aardklop, NATi