Ons glo lees moet vir elke kind ’n fees wees. Die WOW-projek maak onderwysers touwys oor hoe om leerlinge besig te hou met lekkerleesstories en -aktiwiteite. In hierdie interaktiewe sessie tussen die aanbieders, onderwysers en WOW-leeskring word waardevolle wenke vir lees- en skryftegnieke gegee. NB en WOW voorsien ook slim idees aan die leeskringe oor hoe om boekuitstallings by skole te reël sodat leerders hulle eie boeke kan besit. Fiona van Kerwel, WOW-projekbestuurder, gesels oor moontlikhede om lees prettig en met begrip by skole aan te bied.