Raak kreatief met lees. Opvoeders word uitgenooi na die WOW-projek se aanbieding oor die rol van ’n leeskringkoördineerder op skool. Waardevolle wenke word gegee oor hoe om geletterdheidsvlakke in ons skole kreatief en strategies te benader. Bruikbare riglyne en notas oor leeskoördinering en die genot van lees word gedeel. Alles word aan die hand van die KABV-dokumente (CAPS) gedoen. Fiona van Kerwel, WOW-projekbestuurder, gesels oor moontlikhede om lees prettig en met begrip by skole aan te bied.