Leon van Nierop: Duiwelsroos

Afrikaans
60 Minute

12 Oktober

15:00
R75 | R100 by die deur

Ivor Price gesels met die radioveteraan Leon van Nierop oor sy heerlike nuwe misdaadstorie, Duiwelsroos. ’n Orkaan waai die private speurder Beer Henning letterlik tot op die spogroosplaas Roosbaron in die Laeveld, waar ’n pikswart roos met ’n dodelike geheim groei. Die eksentrieke Mathilda van Eck glo nie haar outistiese 17-jarige seun het selfdood gepleeg nie en huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het. Maar hoe meer Beer met vroue en rooskwekers deurmekaar raak, hoe minder weet hy. 

Aangebied deur Queillerie