Les Arts Florissants

Klassieke Musiek
Meertalig
55 Minute

3 Oktober

20:00
R175-R210 | R205-R240 by die deur

In hierdie Franse allegoriese opera, ’n ­huldeblyk aan Lodewyk XIV, word die ­kunste die karakters: “La Musique”, “La Poesie”, “La Peinture” en “L’Architecture” moet ’n struweling tussen “La Paix” en “La Discord” oplos. Gehore kan uit­sien na elegante arias en afgewerkte ensemble­werk deur van Kaapstad se voorste baroksangers en -instrumentaliste. 

Met Marina Pienaar, Elsabé Richter (sopraan), Vasti Zeeman-Knoesen, Lente Louw (mezzosopraan), Willem Bester (tenoor), William Berger (bariton), Keaton Manwaring (bas), Annien Shaw, Ralitza Macheva (barokviool), Rosamund Ender (viola da gamba), Uwe Grosser (teorbe), Erik Dippenaar (klavesimbel)

 

Vervaardiger Lutesong Consort
Regisseur Lente Louw, Erik Dippenaar
Vertaling Derek Yeld, Lente Louw