Liewe Heksie vang vis

Afrikaans
55 Minute

9 Oktober

10:30

13 Oktober

15:30

14 Oktober

10:30
R80­-R120 | R110­-R150 by die deur

Die Liewe Heksie­span, wat twee jaar agtereenvolgens die Kanna vir beste kinderteater by die KKNK gewen het, is terug – met Levinia wat dié slag sukkel om die vis aan die besemstok te laat byt. Intussen raak koning Rosekrans se forelle ál minder – is Heksie die skuldige of is die nare Geel Heks ook weer in die prentjie? Verna Vels se verhale bied hope aksie en prettige gehoordeelname.

Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl

Regisseur Margit Meyer-Rödenbeck

Vervaardiger Arena Produksiehuis 

Skrywer Margit Meyer-Rödenbeck, gegrond op Verna Vels se stories