Lipkap se tongklap: ’n Rymkletskabaret

Meertalig
70 Minute

7 Oktober

17:00

8 Oktober

14:30
R100-R140 | R130-R170 by die deur

Iets tussen ’n operette en ’n kabaret wat saam met rymklets sorg vir ’n unieke musiekteaterervaring in Afrikaans en Khoekhoegowab. Jy formuleer eers jou gedagtes en dán kom land dit in jou mond. Dan spoeg jy dit uit en stuur dit die wêreld in. Woordkunstenaars ondersoek die komplekse tema van taal en kommunikasie en gebruik musiek, digkuns, storievertel en rymklets as medium. Daar word satiries gekyk na die mens se vermoë om gedagtes te vorm, te verwoord en dit te kommunikeer.

Met: Frazer Barry (kitaar, perkussie, rymklets, digkuns, sang), Jason Hartman (rymklets, digkuns), Kerishnie Pheiffer (rymklets, digkuns), Deniel Barry (tromme, perkussie, digkuns, sang), Earl Witbooi (baskitaar, digkuns, sang), Charlton Davids (klawerbord, rymklets, digkuns, sang)

Moontlik gemaak deur Toyota US Woordfees

Musiek en regie Frazer Barry

Vervaardiger Oeps ons eie-produksies