Llandi Beeslaar is nie juis ’n nuweling nie: Jy ken haar dalk as Mielie Senekal in die Republiek van Zoid Afrika of meer onlangs as Stefanie Koekemoer in die Showmax-reeks Koek. In haar eerste eenvrouvertoning, Tomboy, laat sy haar unieke handelsmerk van ietwat siniese humor los op die wêreld. Sleep jou vriende saam vir dié gesonde dosis rumoerige staaltjies wat ewe cringe is as snaaks.