Loki Rothman Live

Meertalig
70 Minute

14 Oktober

20:00
R185-R235 | R215-R265 by die deur

Loki Rothman is terug met nuwe oorspronklike musiek en splinternuwe kitaarverwerkings. Hy is bekend vir sy unieke kitaarspel en betower gehore met sy perkussiewe styl. Rothman was voorheen te sien by die Woordfees saam met kunstenaars soos Laurika Rauch en die Soweto String Quartet, en het daarvoor verskeie toekennings ontvang. Hy het die wêreld vol gereis met sy musiek en bring al dié stories en liedjies na die Woordfeesverhoog.