Lollos: Skattejag

Afrikaans
50 Minute

7 Oktober

10:00

14 Oktober

13:00
R75­-R100 | R105­-R130 by die deur

Die Lalalanders kuier op ’n tropiese eiland, maar dan verdwaal hulle! Gelukkig ontdek hulle ’n skatkaart met leidrade. Daar is soveel opwindende raaisels wat hulle moet oplos, maar die grootste van almal is: Hoekom wil Lollos nie ook leidrade lees nie? Maats, die Lalalanders het julle hulp nodig. Kom saam op die skattejag en help hulle interessante struikelblokke uit die weg ruim terwyl hulle die spesiale eiland verken. 

Met: Elizna Swanepoel, Alvina Chadow, Redione Stephens, Hein Poole 

Regisseur Lollos-geselskap 

Vervaardiger Lollos Productions 

Skrywer Elizna Swanepoel