Toyota Musiekfees
Afrikaans
Geen o.16
70 Minute

5 Oktober

17:00

6 Oktober

10:00
R180-R210 | R210-R240 by die deur

Om iets kosbaars te verloor laat ’n mens weerLOOS. Tog is die aantal grootse skeppings wat uit verlies vloei, eindeLOOS. Werke wat die -loosheid (sonder-heid) bekyk, maar ook die skoonheid van wat eens daar was. Die teks is saamgestel uit die werk van digters soos Antjie Krog, Olga Kirsch, Marlene van Niekerk en Breyten Breytenbach. 

Met Joanie Combrink (voordragkunstenaar), Laurinda Hofmeyr (stem en klavier)

’n Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees ko-produksie

Regisseur en samesteller Libby Daniels
Musiek Laurinda Hofmeyr
Verhoog- en produksiebestuur Anna Davel