Marita van der Vyver: Laaste kans

Afrikaans
60 Minute

11 Oktober

16:00
R75 | R100 by die deur

Marita van der Vyver en Ira Blanckenberg gesels oor Laaste kans, die opvolg van Wegkomkans, wat 24 jaar gelede verskyn het. Wegkomkans gaan oor tien vriende wat oor ’n tydperk van tien jaar bymekaar kom, en in Laaste kans sien ’n groepie vriende mekaar vir die eerste keer in 25 jaar by die een se sewentigste verjaardagviering in sy strandhuis aan die Weskus. Marita gesels oor vriendskap wat die tyd deurstaan, die komplekse verhouding tussen ouers en kinders, en die eise wat die tyd stel. Susanne Beyers lees voor. 

Aangebied deur Tafelberg