Mary has/had a Little Lamb: ’n Glas vol musiek

Meertalig
60 Minute

12 Oktober

16:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Sommige opvoedkundige boeke verduidelik majeur en mineur as “Mary Has a Little Lamb” (majeur) en “Mary Had a Little Lamb” (mineur). So wil niemand in die mineur speel nie. Tog is musiek – én die lewe – ook wat jy daarvan maak: die glas is as ’t ware halfleeg of halfvol. In dié program van mineurwerke vat Nina Schumann die luisteraar op ’n reis van emosies wat alle kleure van die spektrum ten toon stel.

Met: Nina Schumann