MEER AS WYN: TESWYN PETERSEN VERTEL DIE STORIE VAN VISIO VINTNERS

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

11 Oktober

12:00
R150 | R180 by die deur

Kom proe Visio Vintners se eerste wynreeks, wat ook ’n verhaal van opheffing, geleenthede en ’n persoonlike verbintenis tot die wonderwêreld van Suid-Afrikaanse wyn is. Visio Vintners word besit deur voorheen onderbediende werknemers van Kleine Zalze wat nou voordeel trek uit die verkope van hulle eie spogwyne. Hulle doel is om wyne te maak wat gehalte uitstraal en om ’n volhoubare handelsmerk en besigheid te vestig. Teswyn Petersen vertel die storie van Visio Vintners, en feesgangers kan vir die eerste keer van hulle voortreflike reeks wit-, rooi- en roséwyne ervaar