Met dapper en stapper

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

1 Oktober

10:00
R80 | R110 by die deur

Die beroemde Griekse dokter Hippokrates het graag ’n stappie voorgeskryf as die beste medisyne vir ’n slegte luim. En as dit nie werk nie? Nóg ’n stappie. Hiking Beyond Cape Town en Hiking the Fish sal jou bekend stel aan 41 staproetes – 40 in en om die Kaap plus Namibië se beroemde Visriviercanyon, vir stappers wat verder wil wegkom. Die skrywer en ywerige stapper Jaco Adriaanse kry stapwenke by die skrywers Willie Olivier, Nina du Plessis en Lizet Meyer.

Aangebied deur Penguin Random House