Digters voel gereeld die behoefte om oor die liefde te skryf, maar dalk is dit tyd om eerder liries te raak oor die (dikwels meer betroubare en langdurige) liefde tussen vriende. Twaalf digters kom elkeen met twee verse oor vriendskap na die partytjie. Is vriendskap inderdaad een siel in twee liggame, of eenvoudig die een siel wat daar sal wees wanneer jou wiele afkom? Bring gerus jou beste vriend saam en kom ontdek vars vergelykings wat julle band besing.