Metropolar verken die diep polariteite van die byna droomagtige Johannesburgse middestad. Modise Sekgothe se ontroerende narratief word sensitief aangevul met die melodiese meditasies van kitaarspeler en visuele kunstenaar Jotam Schoeman. Die klanklandskap deur vervaardiger en klankontwerper James Frank Robb intensifiseer die ervaring. Die gedig word in sewe dele aangebied en is verweef met dreunsange, kitaar en ’n mengsel van akoestiese en elektroniese perkussie—alles teen die geanimeerde agtergrond van Schoeman se sketse. Hierdie samesmelting van poësie, musiek en animasie neem die gehoor deur die strate van Johannesburg en skyn ’n lig op haar donker wang.