’n Ma en haar dogter moet om den brode mis versamel, verpak en as kompos verkoop omdat die man en pa hom al sewe jaar in die solder toesluit. Die gesin het hulle plaas in die Depressie verloor. ’n Vriendin wat haarself teen die verleiding van ’n besoekende sirkus wil verskans, daag op net voor ’n blinde polisieman aanmeld om die weerlose vroue te beskerm teen die jongmeisiedief op die dorp.
Die filmvertoning word gevolg deur ’n vraag-en-antwoordsessie gerig op gr. 12-leerders wat vir die matriekeksamen voorberei.