Moederkerk-orrelweek: Arnu Oelofse

Meertalig
30 Minute

9 Oktober

13:15
R100 | R130 by die deur

Allegro’s deur komponiste uit vier verskillende eras en lande word gehoor: ’n koraalpartita van Pachelbel (17de eeu, Duitsland), ’n losstaande Allegro van Arne (18de eeu, Engeland), ’n feestelike finale van Petrali (19de eeu, Italië) en ’n dra- matiese toccata van Andriessen (20ste eeu, Nederland). Oelofse is orrelis van die NG kerk Stellenbosch-Wes.

Met: Arnu Oelofse

Vervaardiger Zorada Temmingh