Moederkerk-orrelweek: Devandré Boonzaaier

Klassieke Musiek
Meertalig
30 Minute

3 Oktober

13:15
R110 | R140 by die deur

Devandré is orrelis van die NG gemeente Durbanville, dosent aan die Kaapse ­Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie en streekverteenwoordiger van die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsert­orreliste­vereniging. Die pastorales op sy program (albei Romanties) is van Alexandre Guilmant (uit Sonate No. 1) en Theodore Dubois. Ander werke sluit in die speelse “Tuba Tune” van CS Lang, koraalvoorspele van o.a. Neil Barnard, asook sy eie verwerking van “O Heer my God” waar hy die orrel en trompet tegelyk bespeel.

Vanjaar se orreltema is Pastorale, ’n werk waarin ’n landelike toneel deur klankskildering uitgebeeld word, dikwels met ’n fluitagtige melodie en ondersteun deur ’n dreunbas. Die meeste pastorales is rustig wiegend van aard, hoewel drama­tiese natuurverskynsels verrassende uitbars­tings tot gevolg kan hê. Elke orrelis se program sluit minstens twee pastorales in. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar is daar drie nuwe orreliste.

Samesteller Zorada Temmingh