Moederkerk-orrelweek: Gavin Julius

Klassieke Musiek
Meertalig
30 Minute

1 Oktober

13:15
R110 | R140 by die deur

Gavin, ’n bemarker van beroep, is orrelis van die Nuwe Apostoliese kerk Observatory en assistentorrelis van die St. George- katedraal in Kaapstad. Twee Franse pastorales vorm deel van sy program: die meesterstuk van Jean Roger-Ducasse en een van Jules Grison, tesame met Romantiese werke van Marco Enrico Bossi en Max Reger.

Vanjaar se orreltema is Pastorale, ’n werk waarin ’n landelike toneel deur klankskildering uitgebeeld word, dikwels met ’n fluitagtige melodie en ondersteun deur ’n dreunbas. Die meeste pastorales is rustig wiegend van aard, hoewel drama­tiese natuurverskynsels verrassende uitbars­tings tot gevolg kan hê. Elke orrelis se program sluit minstens twee pastorales in. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar is daar drie nuwe orreliste.

Samesteller Zorada Temmingh