Moerasperd deur die nag

Afrikaans
60 Minute

14 Oktober

09:30
R75 | R100 by die deur

Aangebied deur Naledi

Louis Jansen van Vuuren praat met die gesoute joernalis Murray La Vita oor sy derde digbundel, Moerasperd deur die nag. Sy vorige boek, Daar’s ’n vegan op my verandah, is met die gesogte Gourmand-prys vir die beste kookboek ter wêreld bekroon, maar nou het dié skilder-digter, wat sy tyd tussen Frankryk en Suid-Afrika verdeel, hom weer in alle erns tot die poësie gewend. Die skrywer Riana Scheepers beskryf dit as ’n bundel wat “tegelyk digkuns én skildery én musiek is”, met gedigte wat versmelt “tot rokerige skimperde van klank en kleur en versmelodie”.