Monsters is die transkripsie van die ondervraging van twee tienjarige seuns nadat die tweejarige Britse seuntjie James Bulger in 1993 verdwyn het. Voor die vertoning begin, trek die akteurs lootjies om te bepaal wie watter rol gaan lees. Die rolle word om die beurt in ’n voorleesstyl vertolk en die tekste aan die begin van elke toneel onder die spelers uitgeruil. Vrywilligers uit die gehoor word ook betrek om ’n stuk teks voor te lees. Monsters is benoem vir vyf Kanna-pryse by die KKNK in 2024, én het die prys vir beste ensemble ontvang.