Muratie: Wyn, kos en erfenis

Afrikaans, Engels
90 Minute

12 Oktober

15:30
R230 (ete uitgesluit)

Dr. Rijk Melck deel die ryk geskiedenis en erfenis van die Muratie-wynlandgoed, een van Suid-Afrika se oudste wynplase, wat tot 1685 terugdateer. Die boeiende, menslike stories wat in die eeue oue geskiedenis verweef is, is tasbaar in elke hoekie van hierdie familieplaas. Die gesprek word gevoer oor wyne wat hulde bring aan die vorige eienaars. 

Bespreek by 021 865 2330 vir ’n tradisionele middagete voor die praatjie – geregte sluit bobotie, Karoo-afval en malvapoeding in.