Ons volg ’n ontnugterde verteller wat probeer ontsnap uit Centurion, die eensaamste en onmerkwaardigste metropool in Sentraal-Gauteng. Dié “dokufantasie” vertel die stories en tydsgees van die plek in ’n poging om vrede te maak met ’n stad op die rand van raserny, die mense wat in die middel vasgekeer is, en wat dit beteken om ’n tuisdorp te hê wat jy kan liefhê en verlaat.