’n Akkerboom

Afrikaans
Geen o.16 (T)
65 Minute

12 Oktober

13:00

14 Oktober

19:00

15 Oktober

14:00
R150 | R180 by die deur

’n Man verloor sy dogter in ’n motorongeluk en voel meteens of hy in ’n toneelstuk is, maar hy ken nie die woorde of bewegings nie. Die hipnotiseur wat die motor bestuur het, het sedert die ongeluk sy krag van suggestie verloor. In dié buitengewone produksie betree ’n ander akteur die verhoog saam met die hipnotiseur om die pa te vertolk – sonder dat hulle ’n woord van die teks gelees het. ’n Absurde verkenning van vertolking, verlies en die krag van suggestie. 

Met: De Klerk Oelofse en ’n gasspeler met elke vertoning 

 

Regisseur, vertaler, stel- en beligtingsontwerp Nico Scheepers 

Vervaardiger Aapstert 

Skrywer Tim Crouch

Verhoogbestuur Nell van der Merwe 

 

Oorspronklik ondersteun deur Toyota US Woordfees en NATi