’n Blom in elke vrou

Meertalig
80 Minute

9 Oktober

14:00
R165-R215 | R195-R235 by die deur

Hierdie musikale en digterlike reis deur die vier seisoene ondersoek ons identiteit in Afrika aan die hand van inheemse plantegroei. Dié produksie is met groot welslae by vanjaar se KKNK opgevoer, met onder andere die talentvolle Suid-Kaapse Kinderkoor. Vir die Woordfees bring Petronel Baard en haar orkes ’n ensemble van dié koor saam. 

Met: Petronel Baard, Franco Engelbrecht, Johan Engelbrecht, Lelané van der Merwe, Jan-Erik Swart, Suid-Kaapse Kinderkoor 

Ondersteun deur Cordis Trust, Deur die Blare Blomkuns, Die geheime taal van flora, D Studio 

Regisseur, musiek, beligtingsontwerp en tegniese versorging Petronel Baard 

Vervaardiger Lang Vrou-produksies 

Stelontwerp Alta Scott, Zandra Klapwijk, Petronel Baard 

Kostuumontwerp en verhoogbestuur Alta Scott