’n Innerlike reis na jou kreatiewe self

Afrikaans, Engels
120 Minute

12 Oktober

09:00
R250

By dié kreatiewe werksessie neem Amelia van Zyl deelnemers op hul eie innerlike reis en wys hoe denkpatrone ons kreatiewe potensiaal kan kelder. Sy demonstreer ook vaardighede om dié negatiewe denkpatrone te oorkom. Deelnemers word begelei om deur bewustheidsoefeninge, en met die tuin as metafoor, insig te verkry in hul eie denkprosesse. Die werksessie rus deelnemers op ’n kreatiewe manier toe met praktiese vaardighede om met ’n ander perspektief na hul eie kreatiwiteit te kyk. Elke deelnemer ontvang ook ’n joernaal en iets koels om te drink.