Dié nuwe koorwerke vir kinder- en jeugkore – met kindersoliste, ’n strykorkes en orrel – is gegrond op gedigte van leerlinge van die Kaapse Koorakademie en sluit aan by Mozart se Missa Brevis in G-majeur wat uitgevoer word. Die uitvoering is ’n herinnering dat musiek geen grense ken nie en die hartsnare van mense uit alle kulture kan roer.