soen

’n Soen In die donker: Twee kortverhaaldebute

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

3 Oktober

13:00
R80 | R110 by die deur

Kortverhale

Aangebied deur Kwela, Naledi

Stephen King het by geleentheid gesê ’n kortverhaal is soos ’n soen in die donker van ’n vreemdeling. Beleef dié eiesoortige sensasie met twee debute wat wêrelde oopskryf in kortverhale: Gaireyah Fredericks se Een voet innie kabr is in Kaaps en Kaapse Moslem-Afrikaans geskryf en vang die Suid-Afrikaanse Moslem-ervaring vas. Stefaans Coetzee se Sel ses plaas die leser in die tronk, waar die lewe besonder ongenaakbaar kan wees. Die kortverhaalfynproewer Donovan Greeff lei die gesprek.