’n Vrou om te onthou is ’n viering van Suid-Afrikaanse vroue wat ’n impak op verskillende musiekgenres gemaak het en uitmuntende kunstenaars in eie reg is. Petersen en Engelbrecht ondersoek, herbesoek, vernuwe en gee hulle eie intieme verwerkings van musiek deur kunstenaars soos Sibongile Khumalo, Karen Zoid, Amanda Strydom, Jodi Jantjies, Judith Sephuma en nog meer.