Klassieke Musiek
Meertalig
60 Minute

4 Oktober

12:00
R175-R210 | R205-R240 by die deur

Die Kaapse Baroktrio verken verskeie instrumentale verteltegnieke uit die Barokera. Die praktyke uit dié tydperk van affeksie, retoriek, allegorie en simboliek word in Narratives gedemonstreer met die gesoute Barok­instrumentaliste wat werke deur Arc­angelo Corelli, Heinrich Biber, Georg Philipp Telemann en Antonio Vivaldi uitvoer, sowel as ’n innoverende nuwe komposisie vir barok­instrumente deur Antoni Schonken. 

Met Annien Shaw, Ralitza Macheva (barokviool), Rosamund Ender (viola da gamba)